Klouterwoud

Welkom by Voories@Klouterwoud, hier waarborg ons LIEFDE

As 'n voorskool, glo ons in die belangrikheid om 'n sterk fondasie te lê sodat ons leerders nie net akademies nie, maar ook moreel en spiritueel sal floreer. Ons is gewortel in Christelike ondderrig, maar verwelkom elke kind tussen 4 maande en 5 jaar met ope arms. 

Ons verstaan dat vroeë kinderonderwys die kind vir die toekoms vorm en dus moedig Voories@Klouterwoud kinders aan om te verken, te leer en te groei. Hier het ons 'n omgewing geskep wat veilig, innemend en ontwikkelingsgepas is. Waar elke kind gekoester word om hulle vollge potentiaal te bereik.

Ons dinamiese span onderwysers is toegewyd om 'n omgewing te skep wat betekenisvolle leer ervarings koester.

As 'n Christen skool glo ons sterk in die verhouding tussen huis, skool en kerk. Ons moeding oop kommunikasie tussen ouers, versorgers en die groter George gemeenskap aan. So kan ons die holistiese ontwikkeling van ons leerders verseker. 

Genius Academy Group of Schools & Klouterwoud: 'n Trots VennootskapOns by Klouterwoud is ongelooflik trots om deel van die Genius Academy Group of Schools-familie te wees. Hierdie vennootskap is 'n bevestiging van ons gedeelde toewyding aan die hoogste standaarde van onderwys en die holistiese ontwikkeling van elke kind.
Genius Academy het ons missie en visie onderskryf, en ons is diep dankbaar vir alles wat hulle vir Klouterwoud doen. Hul ondersteuning help ons om voort te gaan met die lewering van uitstekende onderwys, en om 'n omgewing te skep waar kinders floreer en hul volle potensiaal bereik.
Saam streef ons daarna om die toekoms van ons jong leerders te vorm, en ons is opgewonde oor die positiewe impak wat hierdie vennootskap op ons skool, ons kinders, en ons gemeenskap sal hê. Dankie, Genius Academy, vir julle onskatbare bydrae en vir die eer om deel van hierdie dinamiese groep te wees!

'n Boodskap van die mede-eienaar - Christa van der Merwe

Klouterwoud is 'n suksesvolle, privaat, gevestigde Kleuterskool in George. Klouterwoud het ook in 2023 sy 20ste bestaansjaar gevier.  Meer as 20 jaar terug het ons agter my huis, in 2 woonstelle begin met Klouterwoud as 'n kleuterskool van net 15 kinders.


Na 18 jaar, saam met die uitdagings van Covid, was ons bereid om te trek na 'n ander perseel.  Klouterwoud volg ook amptelik vanaf 2023 'n nuwe baan, deur amptelik die voedskool vir George Voorbereiding te wees. Soos wat die getalle met die jare gegroei het, kon Klouterwoud eksklusief die skool in klein groepe opdeel vanaf ouderdomme, 4maande tot 5jaar. Klouterwoud bied dus klasse,  aan vanaf 4maande tot Gr RR, onder die bekwame hande van baie liefdevolle, uitstekend gekwalifiseerde onderwyseresse in elke klas en baie goeie ervare klashulp.


Toe ek begin het met Klouterwoud wou ek net my liefde vir kinders daagliks uitdeel, ek wou hulle op my skoot tel en vir elke kindjie 'n dagmamma wees terwyl hul ouers by die werk is.


Klouterwoud staan bekend vir LIEFDE,  daarom is Klouterwoud se Leuse ook, DIE LIEFDE WEN ALTYD.  Ons is baie lief daarvoor om vir ons nuwe ouers te sê, "Ons kan julle niks waarborg nie, tone kan gestamp word, en ons het pleisters, maar die Liefde, dit kan ons waarborg, elke kind by Klouterwoud sal liefde ontvang."


Persoonlik is Klouterwoud vir almal wat daar werk 'n groot bedieningsveld met ewigheidswaardes. As jy eers 'n Klouterwouter was, bly jy altyd 'n Klouterwouter. Klouterwoud glo in verhoudings, darom ondersteun Klouterwoud die gesin in geheel.


Klouterwoud het meer as 21jaar terug klein begin, en so het  wonderlike  uitbreidings, veranderinge en groei  met die jare heen gekom.  Klouterwoud is beslis gefokus op Persoonlike betrokkenheid by elke Kind en Ouer. 


Op die einde wat die belangrikste is, wanneer 'n Klouterwouter terugdink aan hul kleuterjare by Klouterwoud, wil ons graag hê hy of sy moet kan sê: ”Sjoe daar het ek lekker gespeel toe ek klein was, en ek was daagliks bederf met DIE LIEFDE."

"ONS ENIGSTE WAARBORG IS Liefde!"

Klouterwoud Kleuterskool

5 – 7 Marthinus Street

Dormehls Drift

George, 6529



Phone: 044 001 1732

email: admin@klouterwoud.co.za 

School Hours: 07h00 – 17h30, Monday – Friday